HOE WORD DIE LAERSKOOL GRENS BESTUUR?
1. Bestuursliggaam
Die liggaam is ingestel deur wetgewing en word elke drie jaar demokraties deur die ouers verkies. Die bestuursliggaam beheer die volgende sake:
1.1 Finansies
1.2 Aanstelling van personeel
1.3 Assuransie
1.4 Beplanning
1.5 Bouwerke en terreine
1.6 Omsien van alle bates
Die bestuursliggaam hou die ouers ingelig oor die skool se aktiwiteite en beleidsrigtings.
2. Skoolhoof en leierspan
Die skoolhoof, twee departementshoofde en ‘n senior personeellid vorm die leierspan en is in beheer van die akademiese program van die skool wat deur die bestuursliggaam goedgekeur moet word.
3. Ouer Ondersteuningsgroep
Van elke ouer word verwag om by die klasprojekte betrokke te raak.
4. Klasverteenwoordigers (ouers)
Hierdie ouers kan help met verdere kommunikasie tussen die ouers en personeel.
LEERLINGRAAD
nie.
KLASPREFEK
Uit elke klas word een dogter en een seun deur die leerlinge as klasprefek verkies om bystand aan leerkragte te verleen.
NASORG
Nasorgfasiliteite is daagliks beskikbaar vanaf 13:25 - 17:15. Inskrywings word by die kantoor gedoen.
SNOEPWINKEL
Die leerder kan gedurende pouses en na skool van die diens gebruik maak.
KLEREWINKEL
Die skool beskik oor ‘n klerewinkel. Leerders wat die skool verlaat word aangemoedig om hul skoolklere aan die skool te skenk of te verkoop. Leerders en ouers kan gerus eers hierdie winkel besoek alvorens u na die leweransiers gaan.
Die klerewinkel is op Dinsdae, Donderdae en Vrydae om 07:00 tot 08:00, oop.
WAAROM IS SKOOLFOOIE BELANGRIK?
Die betaal van skoolfonds is verpligtend. Geen skool kan daarsonder funksioneer nie.
Skoolfooie word aangewend vir die volgende:
1) Bestuursraadposte
2) Sportuitrusting en vervoer
3) Kulturele aktiwiteite
4) Elektrisiteit en water
5) Erfbelasting
6) Opgradering van rekenaars
7) Aankoop van noodsaaklike opvoedkundige hulpmiddels
8) Telefoon
Die skoolfonds sal jaarliks hersien word om aan te pas by die behoeftes van die skool.
DIE DEBIETORDERSTELSEL WORD STERK AANBEVEEL VIR DIE BETALING VAN SKOOLFONDS.
SKOOLFONDS
Die Skoolfonds en Nasorg word jaarliks, in die begin van November, aangepas en aangekondig.