BELEID T.O.V. SPORT DEELNAME
Elke leerder behoort aan ten minste een winter- en een somersport deel te neem. Sport word as deel van die opvoedingsprogram beskou. Dit moedig liggaamlike fiksheid, kameraadskap, samewerking, lojaliteit, onselfsugtigheid, vasberadenheid en leierskap aan. Terselfdertyd kry die individu ook die geleentheid om sy of haar potensiaal te ontwikkel. Ons ontmoedig die idee van wen ten alle koste. Die genot en die spel bly egter die belangrikste.
Somersportsoorte
Atletiek
Krieket
Swem
Tennis
Wintersportsoorte
Hokkie
Netbal
Rugby
Tennis
Judo (doen navraag i.v.m. onkoste)
Jukskei (doen navraag i.v.m. onkoste)