AKADEMIES
Die akademiese program is gerig op motivering van leerders om te werk. Kennis en vaardighede word aan die leerders oorgedra.
Leerareas
1. Afrikaans Huistaal
2. Engels Huistaal (vanaf graad 5)
3. Eerste Addisionele Taal
4. Wiskunde
5. Natuurwetenskappe / Tegnologie
6. Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis + Aardrykskunde)
7. Lewensvaardighede
Verryking
Wiskunde Akademie
(doen navraag i.v.m. onkoste)
Ondersteuningsklasse in tale en wiskunde vir die wat geïdentifiseer word.
Meervoudige Onderrigdoelwit Departement
Laerskool Grens beskik oor ‘n Meervoudige Onderrigdoelwit Departement.
Leerders wat nie by magte is om te voldoen aan die vereistes van hoofstroomonderwys nie, word na toetsing deur ‘n sielkundige (wat berus op gestandardiseerde meting) en toestemming van ouers vir Meervoudige Onderrigdoelwit Onderwys verwys.
Hier word leerders gemeet volgens sukses wat hul behaal met ontwikkelingstake wat eie is aan sy ouderdomsgroep. Leerders ontvang gespesialiseerde onderrig en skakel by alle ander skoolaktiwiteite in.
Senior Meervoudige Onderrigdoelwit-leerders mag op die ouderdom van 14 jaar aansoek doen om toelating tot Baysville Skool vir die daaropvolgende jaar, waar dit dan vir hulle moontlik is om hulle verder te bekwaam op akademiese gebied sowel as in ‘n ambag van hulle keuse.